NA aanleiding van wat ek op die Internet gelees het, wil ek mense waarsku dat die Verbruikersbeskermingswet nie help teen iemand wat jou doelbewus wil inloop het.
Ek is in 2009 genader deur ’n vrou wat my gevra het of ek saam met haar in ’n besigheid wou gaan.
Ek het R60 000 by my broer geleen.
Die persoon was egter nooit van voorneme om my as vennoot te hê nie.
Sy het die besigheid vir R120 000 by iemand gekoop vir wie sy nog R60 000 geskuld het.
Sy het dus net my geld gebruik om haar basies uit die tronk te hou, aangesien daar reeds eksekusie teen haar geneem was.
Toe ek agterkom wat aangaan, het ek regsadvies gekry.
’n Vergadering is gereël waar die kliënte 50/50 verdeel moes word. Sy het egter met al die kliënte wat ek moes kry ingemeng en ek het net 3% van die kliënte behou.
So wees gewaarsku - raadpleeg ’n prokureur voordat jy so ’n transaksie aangaan en dalk jou kop stamp.
H de Waal