Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dankie vir beursie

Dankie vir beursie
 
2011-07-07


VERLEDE week gedurende ’n baie sterk bui reën moes ek hardloop om skuiling te soek. My beursie het sonder dat ek bewus was daarvan, uit my sak geval.

Natuurlik later eers het ek tot my ontsteltenis dit uitgevind en inderhaas my kredietkaart gekanselleer en maar aanvaar dat die aansienlike kontant wat daarin was aan die verlede behoort.

Die volgende oggend lui die telefoon: “Dit is mnr Dollie en ek het iets wat aan u behoort, ek kom gou na u toe.”

Hy het na my huis toe gekom, die adres en foonnommer is op my biblioteekkaart en my verlore beursie met al die kontant onaangeraak aan my oorhandig.

Kan jy glo dat in ’n tyd waarin alles, soos in alles gesteel word, self mens se koperkrane buite aan die gebou, daar nog sulke mense in ons verworde beskawing saamleef.

Baie dankie mnr Dollie van Kearnsstraat, Paarl-Oos. Integriteit soos hierdie laat mens weer dink.

Ek wens jou slegs voorspoed en slegs die beste toe vorentoe.

Nogmaals dankie.

Jan Hugo, Noorder-Paarl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za