Vakansiepret duur voort
2011-07-07
Edwina Drude
DIS die tweede week van die skoolvakansie en vakansieprogramme is steeds in volle gang. Kinders kan gerus gaan inloer by die Paarl Mall, Wellington-lesersbiblioteek, Drakenstein-biblioteek, Groenheuwel-biblioteek en Butterfly House. Daar is elke dag die lekkerste programme om kinders besig te hou. Programme by die Paarl Mall sluit in gesigverf, kunsprojekte, speletjies en inkleurkompetisies. Dit begin elke dag om 11:15 tot 15 Julie. Vir verdere navrae oor vakansiepret by Paarl Mall kontak 021 863 5360. Die Wellington-lesers het interessante programme soos hoe om papier te maak. Dit begin elke dag om 10:00 vanaf 11 tot 14 Julie. Drakenstein-biblioteek sluit Vrydag 8 Julie af met speletjies vir kinders. Butterfly House het daagliks programme vir hul gereelde maatjies en Groenheuwel- biblioteek gaan voort met storievertelling en film kyk tot 15 Julie.
More
News
|