Sportdagboek
2011-07-07
KRIEKET * Ter voorbereiding vir die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub tans aansoeke in van topordekolwers en ’n afrigter wat by die klub wil aansluit. Vir meer besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379. * Paarl-krieketklub se algemene jaarvergadering vind plaas op Sondag 10 Julie om 15:00 in die klubhuis. Alle lede word versoek om die vergadering by te woon. Die klub se bekeruitdeling vind plaas op Saterdag 16 Julie te Boland Park (Stumps). Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede teen R50 per kop. * Die SR Radiators Young Peoples-krieketklub beplan ’n voorseisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16-19 September. ) RUGBY * Saterdag speel Violets teen Windmeul weg. Die derde span spelers word aangemoedig om vroeg by die voorsitter se huis aan te meld. (11:30) * This coming Monday the u.18 Boland Craven Week team takes on the Blue Bulls in Kimberley. The u.18 Sharks will be battling it out with the u.18 Western Province on 12 July. * Die o.21-span van Young Peoples speel volgende Woensdagaand (13 Julie) om 18:30 op die Dal Josafat-stadion teen ’n UCT o.21-toerspan. * Die Riverstones Old Boys, wat dien as ’n welsynsorganisasie en uitreik na minderbevoorregtes, nooi alle oudspelers om by hulle aan te sluit. Kontak enige van die bestuurslede vir meer besonderhede. Vir navrae, skakel Coenie Lesch by 072 6595 415. * Albions speel Saterdag teen Simondium op Dal Josafat. *Albions bied op 31 Julie ’n ete aan vir alle lede en oudlede in die Bethal-saal. Kontak Quinton Williams by 078 274 8148 vir meer inligting. ) NETBAL * Die Paarl-netbalklub se oefeninge is op Maandae en Donderdae om 18:15 op die Zanddrift-bane. Belangstellendes kan Annelie Lucas by 083 377 2232 of Bennie Saayman by 083 462 6311 skakel. ) SOCCER * Paarl Soccer Club is celebrating its 50th anniversary. All life members, honorary life members and all former members of the club are invited to join the celebrations. The club is in the process of establishing a special committee to facilitate the organising of these celebrations. Contact Lionel Matthee at 072 239 2181 or 021 807 4847. ) BOOGSKIET * Die Paarl Boogskietklub oefen elke Woensdag en Saterdag vanaf 15:00 tot 18:00 by die Nelson Wynlandgoed. Vir inligting, kontak Louis by 021 870 1257. ) HOKKIE Die Suid-Afrikaanse mans B-hokkietoernooi (SA Plattelandse Distrikte) by die astrobaan by Hoërskool Gimnasium duur tot Saterdag. Twaalf spanne neem aan die toernooi deel. Vir meer besonderhede oor die toernooi, skakel met Jool van Eeden by 083 745 7380. ) BERGFIETSE Die Burger Bergfietsuitdaging op 30 Julie sal vanjaar eindig by Laerskool Eikestad op Stellenbosch waar die registrasie ook Vrydag- en Saterdagoggend sal wees. Vir almal wat oor die eindpunt ry, sal daar ’n medalje wees en ’n koepon vir 50% afslag op toegangsfooi tot die Stellenbosch Wynfees. Almal word aangemoedig om te wag vir die prysuitdeling, want onder andere kan ’n Giant Revel bergfiets ter waarde van R2750 gewen word. Besoek www.dirtopia.co.za. ) DOMINO’S Drie klubs (Signall Hill, Niewe Zion en Merlé) neem tans deel aan die Simondium domino’s klubkampioenskappe. Wedstryde word Dinsdae van 19:30 tot 21:30 gespeel. Vir meer inligting oor die stand van sake skakel vir Henry by 073 012 0620.
More
News
|