Rugbytelbord
2011-07-07
VINEYARDS LOOP WEER VOOR Ná Vrydagaand se naelskraap-oorwinning oor Young Standards, in wat beskryf kan word as Vineyards se swakste vertoning agterlangs hierdie seisoen, is die manne in maroen weer die voorlopers in die Paarl-streek. Was dit nie vir die voorspelers van Vine-yards se puik drieman-duikslag op die puntemasjien van Standards, losskakel Rico Davey nie, het Standards sekerlik hierdie een gewen. Davey het vroeg in die wedstryd, ná dié lakslag, die veld verlaat met ’n rug- en skouerbesering. Daarna het Standards vier strafskoppogings pale toe gemis en Vineyards het uiteindelik met 12-8 gewen. Die tweede span van Vineyards is ook op die punteleer ná hulle 19-0 sege oor Standards. ) USSA RUGBY TOURNAMENT 2011 IN WELLINGTON 4 July results: WSU Buffalo 40 - DUT 6, Maties 47 - Rhodes 8, Fort Hare 31 - NMMU 10, Zululand 27 - Limpopo 3, UJ 44 - UKZN 0, PE College 78 - WSU Mthatha 0, Namibia 12 - NMMU George 8, UCT 62 - Varcity College 0, Venda 12 - NWU Maf 7, NWU-Vaal 62 - CIDA 0, Shimlas 50 - UWC 10, Tuks 38 - Wits 5, NWU Puk 51 - CUT 5, WSU Ibika 17 - VUT 15 en TUT 17 - CPUT Wellington 3. ) VIOLETS WEN Violets het Saterdag hul tweede liga-wedstryd teen Allandale met 36-0 gewen. Saterdag speel Violets teen Windmeul weg. Die derde span spelers word aangemoedig om vroeg by die voorsitter se huis aan te meld. (11:30) ) GELYKOPSTRYD Drie geleenthede om punte aan te teken het Saterdag Laer Paarl (Blues) se kanse gesink om Riverstones te klop. Die eindtelling was 13-13. Die driedrukker vir Blues was Lee Blaine en Delwayne Cornelissen het met een doelskop en twee strafskoppe geslaag. Blues se tweedes het met 7-8 verloor en die derdes het met 17-0 gewen.
More
News
|