Skool reik uit met boeke
2005-10-27
AS erkenning van die rol wat die skoolbiblioteek in die opvoeding van leerders speel, insluitende lees vir ontspanning, inligting en as voorbereiding vir 地 loopbaan, het Paarl Boishaai skoolbiblioteek besluit om 地 gemeenskapsuitreikingsprojek te loods, as bydrae tot die Internasionale Skolebiblioteekdag, Maandag 24 Oktober.
Die biblioteek beoog om gedurende November 地 boeke-insamelingsveldtog te hou om boeke vir die skoolbiblioteek asook vir 地 minderbevoorregte skool in die Bolandstreek in te samel.
Boeke wat nie vir 地 skoolbiblioteek geskik is nie, sal op 地 boeke-uitverkoping ten bate van 地 skoolbiblioteekfonds verkoop word.
地 Versoek is aan alle skoliere, onderwysers, oud-Boishaaiers en die publiek gerig om boeke, oudiovisuele material, ens, aan die biblioteek te skenk. Hulle sal dit kom afhaal!
Kontak gerus die bibliotekaresse, Babsie Truter, indien u meer inligting benodig, by 872-2875 of 082-890-7371.
More
News
|