Neem deel aan skopkompetisie
2011-07-07
INTEKENARE van die Paarl Post kan nie alleenlik seisoenkaartjies wen vir die Regent Boland Kavaliers se Curriebeker-wedstryde op Boland-stadion nie, maar gaan ook ’n kans staan om iemand in te skryf vir ’n skopkompetisie wat halftyd by die Boland-stadion met tuiswedstryde aangebied word. ’n Kaalvoetskopper (o.13 en laer) en ’n o.15 tot o.18-speler (met stewels) sal tydens lemoenvat-tyd ’n kans kry om pale toe te korrel. Dié twee skoppers sal vooraf bekend gemaak word en sal halftyd gereed moet staan. Hope pryse, wat deur die Boland-rugbyunie en Regent geborg word, is op die spel en pryse sal slegs toegeken word indien skoppers in die kol was. Indien die skoppers onsuksesvol was, sal die pryse oorrol na die volgende kompetisie. Die Regent Boland Kavaliers speel volgende Saterdag (16 Julie) teen die Grens Bulldogs in hul eerste ligawedstryd. Teken vandag in op die Paarl Post teen so min as R132,50 vir 6 maande en/of R265 vir ’n jaar en staan die kans om een van agt seisoen-rugbykaartjies te wen vir al Boland se wedstryde wat op die tuisveld gespeel word. Skakel vir Ilse Fourie by 021 870 4601 of epos ads@paarlpost.co.za vir meer besonderhede. (Sien advertensie op p. 43.)
More
News
|