Brons gedenkplaat gesteel
2011-07-07
DIE Toringkerk het verlede week weer eens deurgeloop onder skrootdiewe. Hierdie keer is ’n brons gedenkplaat van ’n muur van die kerk afgebreek. Die gedenkplaat is al meer as 100 jaar teen dié kerk se muur vas, nadat die kerk op 6 Maart 1907 geopen is. Behalwe hierdie datum staan die getal gemeentelede wat die kerk kan akkommodeer (1800), daarop, asook die name van die bouers (Sherwood, Pitt en Wood) en die argitekte (Barnes, De Villiers en Larsson). Enigiemand wat inligting het oor hierdie geskiedkundige gedenkplaat kan Neels Visser by die kerkkantoor skakel, 021 872 6730.
More
News
|