Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rivier word stelselmatig skoongemaak

Rivier word stelselmatig skoongemaak
 
2011-07-07


DIE skoonmaak van die Bergrivier word beskou as die verantwoordelikheid van elke oewereienaar in terme van Nasionale Wetgewing.

Dus is die Drakenstein Munisipaliteit as oewereienaar besig om ’n daadwerklike poging aan te wend om stelselmatig indringerplante in die Bergrivier in die Paarl te verwyder en uit te roei.

Munisipale woordvoerder May Carolissen het gesę dat geld opsy gesit is hiervoor en ná ’n tenderproses word klein kontrakteurs wat aan die vereistes voldoen, ingewin om die werk te doen.

“Hierdie werk is gespesialiseerd en mag ook slegs per hand gedoen word. Slegs indringers word verwyder deur dat hulle afgesny word.”

Indringers soos sesbania, wattel, port jackson en uitheemse riete word verwyder. Nie net is hierdie indringers gulsige waterverbruikers nie, maar hulle belemmer die groei van inheemse plante.

Beskermde rietsoorte soos palmiet mag egter nie verwyder word nie en word beskerm.

Die werk wat tans gedoen word strek vanaf Ceciliastraat tot by die spoorwegbrug.

”Volgende jaar se program moet nog bepaal word, aan die hand van beskikbare befondsing.”

Vir talle inwoners bly dit steeds kommerwekkend dat bloekombome die walle van die rivier vervuil in veral Paarl-Noord.

Maar Carolissen het bygevoeg dat bloekombome op die walle van die rivier nie by hierdie program ingesluit is nie, omdat dit nie ’n aggressiewe indringer is wat vinnig versprei nie.

“Hierdie bome word egter gemonitor en daar waar hulle skade aanrig of gevaar skep, word oorweging geskenk aan hulle verwydering.”

* Alien vegetation is being removed from the banks of the Berg River in Paarl to prevent further infestation.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za