DIE Ou Meul-teater bied hierdie vakansie verskeie produksies aan vir die kleinspan.
) Pinocchio en die Towerstaf is op Saterdag 9 Julie by die Ou Meul-teater. Die stuitige kinderkarakter Pinocchio is terug met ’n nuwe lus om die wêreld te verken.
Gelukkig is pappa Geppetto altyd daar om hom op koers te hou.
) Op Dinsdag 12 Julie is Kinkel en Konkel op die planke. Die jongspan kan uitsien na ’n vertoning vol kleur en geur met musiek wat almal op hulle voete sal hê.
Die twee tuindwergies, Kinkel en Konkel, is besig om baie hard te oefen vir die jaarlikse Tuindwergdanskompetisie. Hulle wil baie graag ook ’n mooi tuin hê soos al die ander tuindwerge in Tuinebaai. Bang dat hulle gaan verloor, besluit Kinkel en Konkel om die reëls te ignoreer.
Beide vertonings begin om 10:00 en die kaartjies teen R40 per persoon kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of vstemmet@gmail.com.