DIE węreldbekende koor van die Universiteit van Pretoria, die Tuks Camerata-koor, bied vanaand om 19:00 ’n gratis aand van koorsang by die NG Kerk Wellington-Noord aan.
Die koor, onder leiding van Christo Burger, bestaan uit studente wat voltyds aan die Universiteit van Pretoria studeer. Burger het meesterklasse ontvang in koorleiding by die Juilliard School of Music in New York, VSA.
Die koor het oor die afgelope twee dekades węreldwyd groot roem verwerf en het reeds by tientalle internasionale koorkompetisies die hoogste louere ingepalm. Sedert 1989 het hulle feitlik elke jaar by internasionale kompetisies in Nederland, Amerika, Australië en Italië die eerste of die tweede plekke ingeneem.
Een van die hoogtepunte wat hulle reeds behaal het, was om as algehele wenner in die groot jaarlikse internasionale Kerssangkompetisie in die Tjeggiese republiek aangewys te word.
Vanaand se program bied van die beste Suid-Afrikaanse komposisies sowel as meesterstukke uit hul internasionale ŕ-capella repertorium.
Toegangsgeld is gratis en ’n kollekte word opgeneem.
) Op Vrydag 8 Julie tree die koor ook in die Hervormde Kerk in Zionstraat, Paarl om 19:30 op. Dié konsert word aangebied deur die gemeente, in samewerking met die Vriende van Afrikaans.
Kaartjies is R50 per persoon en kan bespreek word by Gwen van Wyk (082 875 8923) of Elsa Olivier (021 863 3839/072 997 5611).