Raaiselmoorde
2011-07-07
DIE ma van twee jong kinders is Dinsdagaand voor die oë van haar suster met ’n mes doodgesteek. Janine Cleophas (27) en haar suster, Barbara Diedloff, het daardie aand saam televisie gekyk in hul woonstel in Lantanahof. Omstreeks 22:30 het iemand aan hul deur geklop. Toe hulle vra wie dit is, het die persoon geantwoord dat dit die pa van Cleophas se kinders is. Cleophas het die deur oopgemaak en is deur ’n man bestorm wat haar met ’n mes in die kop gesteek het. Sy is op die toneel dood. Paarl-Oos polisie wil graag met Malcolm de Wee (alias Springy) in verbinding tree. Kontak konst Ernest November by 021 877 5900. ) ’n Man het Saterdagnag op die liggaam van sy vrou afgekom, kort nadat hy vir haar hulp gaan soek het. Andries (Gulp) Williams het omstreeks 03:45 Sondagoggend tuisgekom by die vraghouer waarin hy en sy vrou, Margrieta (42), woon op die plaas Driefontein naby Wellington. Volgens Williams het hy met sy aankoms twee mans, ene Johnny en Daantjie, vanuit die vraghouer sien hardloop. Hy het op sy halfnaakte vrou afgekom wat glo gekla het dat haar nek seer is. Williams het gaan hulp soek, maar toe hy terugkeer na Magrieta was sy reeds dood. Gee inligting aan adj Gielie Kiewiet by 021 864 9600.
More
News
|