Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Trein ruk tot stilstand

Trein ruk tot stilstand
 
2011-07-07

Lise Beyers

LEDE van die polisie en spoorwegbeamptes krap steeds kop oor ’n vermeende slagoffer van ’n ‘treintrap’.

Dit kom nadat ’n MetroRail trein wat onderweg was in die rigting van Kaapstad tot stilstand gekom het, kort nadat dit Sondagoggend Huguenot-stasie verlaat het.

Die bestuurder van die trein was glo onder die indruk dat die trein ’n persoon getref het nadat hy twee mans voor hom oor die spoor sien hardloop het.

Hierna het lede van Paarl polisie, sowel as spoorwegpolisielede, die toneel gefynkam, maar geen bewyse gevind van ’n persoon wat deur die trein getref is nie.

Stories het die ronde begin doen dat een van die passasiers van die trein gesien het hoe ’n persoon vanaf die Markstraat-treinspoorbrug voor die trein ingespring het. Hierdie gerugte kon volgens polisie geensins gestaaf word nie.

Daar is ook navraag gedoen by plaaslike hospitale oor só ’n pasiënt, maar geen beserings is aangemeld nie.

MetroRail se woordvoerder, Riana Scott, het bevestig dat daar ’n vermoede was dat die trein ’n persoon getref het.

“Maar dit blyk dat daar verwarring ontstaan het toe twee mans oor die spoorlyn gehardloop het.

“Hierdie voorval het geen vertragings aan ons diens veroorsaak nie.”

Enigiemand met nóg inligting oor die voorval kan die spoorwegpolisie skakel by 021 940 3627/8.

* A train came to a halt shortly after leaving Huguenot station on Sunday morning, when the driver suspected that the train had hit a pedestrian.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za