SMS
2011-07-14
* Kan die mense asb die kinders by Spar ophou geld en kos gee. Hul besteel ons wat naby bly, in die nag, en pla die bejaarde mense. Het jul al die wapens gesien wat hulle met hul saamdra? My man is aangeval deur die een met die bos krulhare, en hy het weggekom daarmee. Dink voor julle hul jammer kry. * Welgedaan aan me Adonis. Ons diere het meer mense soos u nodig. Hoop julle vind die hond. R Renier * Afguns by drummie-ouers pla. * Die dronkbestuurder van Toyota Corolla CA 238*** - jy was ’n Sondagaand baie onbeskof en ek het jou gaan aangee by die polisiestasie en die verkeersafdeling. * Twee keer wag ek by Ackermans meer as kwartier om te betaal - net twee kassiere wat help. * Paarl hospitaal opgeknap, maar instrumente om oogoperasies mee te doen nie beskikbaar nie - baie swak. * Ek het Saterdag 9 Julie my verloofring verloor by Rhebokskloof restaurant se parkeerarea. As iemand dit dalk opgetel het, bel my ASB by 082 310 7826. * Die lid van Wellington Manskookklub wat ’n kapbord op De Rust gekoop het, kontak asb Linda by 082 462 2170 of 044 241 2532. * Ek wonder watter inligting die uitgaande Raad alles vernietig het in hulle laaste bewindsure. My munisipale rekening was Maart dubbeld gewees met ’n hemelhoë waterrekening. Dié maand is dit weer een derde daarvan - het die ANC dalk ons rekeninge gelaai * Dankie aan die polisie dat julle die onwettige sjebiens toemaak, en die geraas wat hulle tot laatnag maak stopsit. Maak asb ’n plan met die sjebien te Magnoliastraat105.
More
News
|