EK wil net graag vra of ’n rugbyspeler vir twee provinsies tegelykertyd kan speel? Op Saterdag 9 Julie speel Young Peoples teen Pniel Villagers op Daljosafat-stadion.
Dit was ’n pragtige wedstryd, waar Pniel Villagers van ’n agterstand van 36-7 amper die knoop deurhak. Ongelukkig verloor hulle toe met 43-40.
Maar wat vir my opvallend was, is dat Peoples se heelagter na my wete ’n lid van Roses United se rugbyspan is.
Vra maar net