Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hokaai, stop die trein...

Hokaai, stop die trein...
 
2005-10-27


MALANSTASIE buite Wellington sal nou nooit die verleentheid van ’n annerlike naam kry nie. Daarvoor het die baas van die stasie gesorg.

Pierre-Jeanne Gerber, Wellingtonner en ANC parlementslid, het baie hooi op sy vurk, maar as dit kom by dinge van sy dorp, maak hy tyd. Of is dit nou, ’n boer maak ’n plan?

In 1987 het Pierre-Jeanne die grond gekoop waarop Malanstasie nog al die jare was.

Dit was nadat die hooflyn na die noorde in die laat 70’s geskuif is om van die kronkeldraai ontslae te raak.

Die Gerber woonhuis staan penorent op die eertydse perron, waar destyds ’n plank en sink posagentskap was. Dié kantoortjie het in 1904 geopen het en was bekend as Malan Siding.

Pierre-Jeanne se kinders speel nou waar die spore destyds geloop het.

Die naambord staan nog fier - Malanstasie 50 myl na Kaapstad hoogte 341vt.

Dis juis die behoud van die naam met tradisie wat Pierre-Jeanne vroeër vanjaar laat skryf het aan die betrokke minister en die South African Geographical Names Council.

Die stasie is vernoem na Pieter Malan, eienaar van die plaas Versailles, wat in 1863 grond beskikbaar gestel het vir die bou van Wellington stasie, ’n uitbreiding van die Kaapse spoorlyn na die noorde. So staan dit in die argiewe.

Malan het daarop egter aangedring dat elke passasierstrein op dié stasie moes stop.

Volgens geskrifte was daar ’n finansiële motief by die edele gedagte dat Wellingtonners altyd die trein na die noorde plaaslik sou kon haal. Malan sou glo so ook altyd sy vrugte aan pendelaars op die stasie kon verkoop.

Toe die spoorlyn van Kaapstad gebou is in die jare voor die opening van die Wellington stasie, was dit op die ou Britse maat gebou, 4vt en 6dm tussen die stawe.

So moes elke trein - passasiers en goedere inkluis, in elk geval op Wellington stop omdat die verlenging na die noorde op die nouer 3vt 6dm spoorlyn gebou is, om koste te bespaar.

Met die nuwe lyn na Worcester nouer as die oorspronklike, was daar geen alternatief as om alles en almal by Wellington stasie op ander treinwaens oor te laai vir die res van die reis nie.

Hierdie beslommernis het in elk geval daarvoor gesorg dat Pieter Malan se voorwaarde nagekom is, wys die argiewe uit.

Teen 1876 egter, is die lyn van Muldersvlei na Wellington ook vernou en daarna was dit net Malan se voorwaarde wat gesorg het dat elke passasierstrein op Wellington gestop het.

Die trein het glo ’n enkele keer nagelaat om daar te stop. Dit was in 1938, en indien hy toe nog gelewe het, sou Pieter Malan trots gewees het dat dié onbehoorlike toestand van sake ’n draai op die lessenaar van die destydse minister van vervoer gemaak het.

Pierre-Jeanne het besef, met naamsveranderinge soos dié van Tshwane, weet mens nooit of Pieter Malan se groot guns aan Wellington geëer sou bly nie. Daarom het hy die pen opgeneem en sy saak gestel. Met goeie gevolge.

Die meriete is opgeweeg en in ’n skrywe van die Raad en minister Pallo Jordan, is Malanstasie se naam verewig in die staatsannale.

“Nou is ons waarlik selfstandig en op die landkaart,” glimlag Pierre-Jeanne, baas van Malanstasie.

“Ons kan tot ons eie afdeling in die telefoongids ook kry.”

Maar so publiek sal die Gerbers seker nie wil wees nie, daarvoor lewe hulle darem te lekker in die stilte waar die treine eens gestoom het.

* The name Malanstasie at Wellington has been officially approved.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za