Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Telkom se hersteldiens pateties

Telkom se hersteldiens pateties
 
2011-07-14


HOE is dit moontlik dat ’n besigheid ’n maand en 12 dae lank reeds sukkel om ’n landlyn herstel te kry? Wat het van Telkom se diens geword?

Nadat foute op verskeie Windmeul-sentrale se lyne reeds op 1 Junie gerapporteer is, is geen een van die dienste nog herstel nie.

By navraag is “ons het nie genoeg mense nie” die antwoord wat jy kry. Dit is ’n feit dat Telkom onlangs van hul bekwame tegnici pakkette aangebied het waarna hul weer vir hul poste op ’n kontrakbasis kon aansoek doen.

’n SMS wat bevestig dat die diens herstel is, word aan jou gestuur, maar daar het voorwaar nog niks gebeur nie. Wanneer jy 10217 kontak om hierdie feit op te volg, word dit dan maar net weer op die stelsel gelaai met vandag se datum – seker sodat jy nog ’n maand plus kan wag!

Daar word verwag dat jy lynhuur moet betaal terwyl daar vir so ’n lang tyd geen diens was nie.

Betaal jy dit nie word jou lyn gesny en jy moet weer aansluitfooie betaal.

Is dit aanvaarbaar dat Telkom kan wegkom met sulke patetiese diens?

Ontstoke en moedeloos




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za