Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Poskantoor 'n skande

Poskantoor 'n skande
 
2011-07-14


ONLANGS het Paarl-Oos se poskantoor ’n prys gewen, maar die Paarl-poskantoor sal nooit ’n prys kan wen nie.

Paarl-poskantoor is so klein dat indien daar 12 mense in die tou staan voor die vier toonbankies, die dertiende een buite op die sypaadjie moet wag!

Toe ek 60 jaar gelede in die Paarl kom woon het, was hier drie volwaardige poskantore: Noord-, Sentraal- en Suid-, elk met sy eie posmeester.

Die hoofgebou was in die hartjie van die besigheidsarea geleë in ’n imposante en doeltreffende dubbelverdiepinggebou wat nog steeds bestaan, maar skielik is hierdie fasiliteit ongeveer ses jaar gelede ontruim en die nuwe poskantoor in ’n piepklein area ingerig met ’n minimum staf, terwyl Noord en Suid gesluit is.

Hierdie poskantoor is ’n skande vir die poswese. Die personeel is totaal oorwerk en moet boonop ook nog omsien na die “agente” op die buitewyke van die uitgestrekte dorp.

Die ergste is natuurlik die gehuurde publieke posbusse in ’n donker deurgang tussen twee geboue wat lewensgevaarlik is om te besoek na ure.

S Redelinghuys

Volgens ’n woordvoerder van die poskantoor is daar slegs probleme met hoë besoekersgetalle tydens pensioenuitbetalingsdae.

Daar is wel pas ’n bykomende personeellid aangestel en skedulering van middagetes is verander, om beter diens te lewer by die Paarl-poskantoor.

Die poskantoor sal nie weer terugskuif na die voormalige poskantoorgebou in Hoofstraat nie, weens die tekort aan publieke parkering.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za