Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die bedryf op jou vingerpunte

Die bedryf op jou vingerpunte
 
2011-07-14


TANS in sy 13de bestaansjaar en meer omvattend as ooit, bied vanjaar se uitgawe van die SA Wine Industry Directory altesame 544 bladsye wat die vele fasette van die Suid-Afrikaanse wynbedryf se werkinge verduidelik en vereenvoudig.

Dit sluit 62 sleutelorganisasies en 1 200 produsente-besighede met 1 800 handelsmerke in. Hierdie besighede wissel regdeur die spektrum van boetiekkelders, deur privaatkelders en landgoedere tot reusagtige koöperasies en produserende groothandelaars.

’n Volledige lys van wyn- en bedryfskrywers, asook die land se wynkompetisies, riglyne oor SEB-implementering, produksiekoste-beheer en die Geïntegreerde Produksie van Wynskema (IPW) word in die gids vervat.

Dit word gepubliseer onder die VinPro-vaandel deur Wynland Publikasies en is beskikbaar teen R200 by boekwinkels of marketing@blueweaver.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za