Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nederburg haal top tien

Nederburg haal top tien
 
2011-07-14


DIE 2008 Nederburg Private Bin Eminence is een van die wyne wat die hoogste punte behaal het by vanjaar se Muscats du Monde en die enigste Suid-Afrikaanse wyn wat die toptien-lys gehaal het.

Dié wyn het daarby, soos die 2007 Eminence wat ook vir die kompetisie ingeskryf was, ’n goue medalje ontvang. Slegs 25 goue medaljes is toegeken by dié jaarlikse kompetisie in Frankryk wat inskrywings van 23 lande gelok het.

Eminence, wat gemaak word van Muscat de Frontignan, is ’n baie geurige, natuurlike soetwyn met sitrus-, appelkoos- en pikante pynappel-aromas en ’n lewendige surigheid. Die wyn word slegs by die jaarlikse Nederburg-veiling verkoop.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za