Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skryf nou in vir Veritas-toekennings

Skryf nou in vir Veritas-toekennings
 
2011-07-14


NÁ meer as twee dekades van beoordeling van die hoogste standaard, bly die Veritas-toekennings steeds die land se mees prominente kompetisie vir markklaarwyne en brandewyne met toekennings waarvoor keldermeesters behoorlik toustaan.

Wyn- en brandewynmakers moet vanjaar 10 Augustus op hul kalenders merk as die sluitingsdatum vir inskrywings. Laat inskrywings word teen ’n verhoogde fooi tot 18 Augustus aanvaar.

Sedert brandewyn verlede jaar sy debuut by hierdie gesaghebbende wynkompetisie gemaak het, kan die land se brandewynmeesters nou ook om die gesogte dubbelgoud, goud, silwer of brons medaljes meeding.

Na verwagting sal daar weer vanjaar meer as 1700 wyne en brandewyne deelneem. Die strawwe beoordelingsproses vind plaas van 5 tot 8 September by die Nederburg-veilingkompleks waar deelnemerwyne en -brandewyne deur panele spesialisbeoordelaars geproe sal word.

Nuuskierige wynentoesiaste sal egter moet wag totdat die wenwyne op 8 Oktober by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) bekend gemaak word.

Die nuutste Veritas-inskrywingsvorm en katalogus is aanlyn beskikbaar by www.veritas.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za