Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klaviertrio op La Motte

Klaviertrio op La Motte
 
2005-10-27


DIE gewilde Kaapse Lyric Kla-viertrio, bestaande uit Suzanne Swanepoel (viool), Peter Martens (tjello) en Elna van der Merwe (klavier), tree Saterdag 12 November by La Motte in Franschhoek op.

Hulle word deur verskeie Kaapse musici bygestaan in ’n program wat Bolling se Jazz Suite vir Klaviertrio met kontrabas en slagwerk insluit. Dit beloof ’n aand van interessanthede!

* Die La Motte-seisoen word afgesluit met twee uitvoerings, op 25 en 26 November, deur die Coristi Allegri-kamerkoor onder leiding van Danie Smit.

Musiek in ’n Feestyd-stemming sal deel van die program uitmaak.

Al die konserte word in La Motte se historiese kelder met sy rustige atmosfeer en uitmuntende akoestiek aangebied.

By hulle aankoms word gaste met ’n glasie La Motte-wyn verwelkom en na afloop van elke konsert kan hulle die kunstenaars ontmoet in die geselskap van heerlike wyne en ligte versnaperings.

Konserte begin om 19:00 en toegang is R100 per persoon.

Bespreek by die proelokaal op La Motte of telefonies by 876-3114 (Angela). Besoek hulle by www.la-motte.com.

Besprekings is slegs geldig ná die ontvangs van toegangsgeld en daar kan nie terugbetalings gedoen word in die geval van kansellasies nie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za