Sportdagboek
2011-07-14
KRIEKET * Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub tans aansoeke in van topordekolwers en ’n afrigter wat by die klub wil aansluit. Vir meer besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379. * Paarl-krieketklub se bekeruitdeling vind plaas op Saterdag 16 Julie by Boland-park (Stumps). Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede teen R50 per kop. * Die SR Radiators Young Peoples-krieketklub beplan ’n voorseisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16-19 September. * Paarl-Oos-krieketklub se algemene jaarvergadering vind plaas op 17 Julie (14:00) by die New Orleans-klubhuis. Hul bekerfunksie word op 2 September (19:00) by Bolandpark gehou. ) RUGBY * Young Peoples speel die naweek weg teen Noordelikes (NNK). Alle lede en spelers kan die begrafnis Saterdag bywoon van Boeta Joe, ’n oudlid, by die St.Stephens-kerk in New Orleans om 10:30 waarna die bus dan sal vertrek. * Paarl Rangers speel Saterdag teen die Strand op die Faurestraat-stadion. Saterdagoggend het hulle ‘n sopkombuis by die “Kraal”-sportgronde waar warm sop en brood aan die haweloses van die omgewing uitgedeel gaan word. Spelers word versoek om asseblief om 08:00 reeds aan te meld. * ’n Rugbykode-bestuursvergadering (20 Julie om 19:00) en ’n Rugbykode klubvergadering (27 Julie om 19:00) word by die AC Rottweiler- raadsaal gehou terwyl en die algemene maandvergadering van die Paarl Rugby-streek op 3 Augustus om 19:00 by dieselfde saal gehou word. Vir verdere navrae, kontak die sekretaris by 082 731 4879. * Die Riverstones Old Boys, wat dien as ’n welsynsorganisasie en uitreik na minderbevoorregtes, nooi alle oudspelers om by hulle aan te sluit. Kontak enige van die bestuurslede vir meer besonderhede. Vir navrae, skakel Coenie Lesch by 072 6595 415. * Albions bied Saterdag ná afloop van hulle wedstryd ’n disco-dans by die Dal Josafat-stadion aan. Koste is R10 per persoon en op 31 Julie bied hulle ’n teeparty teen R60 per persoon by die Bethel-saal aan. *Albions bied op 31 Julie ’n ete aan vir alle lede en oudlede in die Bethal-saal. Kontak Quinton Williams by 078 274 8148 vir meer inligting. * Lower Paarl (Blues) hou op 22 Julie ’n dans by die gemeenskapsaal. Kallie se dansorkes maak die musiek en die koste beloop R70 per persoon. ) DOMINO’S Drie klubs (Signall Hill, Niewe Zion en Merlé) neem tans deel aan die Simondium Domino’s-klubkampioenskappe. Wedstryde word Dinsdae van 19:30 tot 21:30 gespeel. Vir meer inligting oor die stand van sake, skakel vir Henry by 073 012 0620.
More
News
|