Paarl liggaamsbouer skitter in toernooi
2011-07-14
EEN van die Paarl se opkomende liggaamsbouers, Walter October van die Paarlse Liggaamsbouklub (PPCC), het ’n tweede plek behaal by die onlangse SA Natuurlike Liggaamsbou Assosiasie se ontwikkelingstoernooi in Mafikeng in die Noordwes Provinsie. Duane Jacobs, ook van die PPCC, is aangewys as die beoordelaar van die dag met ’n 96% slaagsyfer. Die Boland hou hul kampioenskappe in samewerking met die VGK Huguenot CYM op Saterdag 27 Augustus in die Strauss-saal. Die Boland is ook die gasheer vir die SA kampioenskappe op Saterdag 8 Oktober. Dié kampioenskap word ná baie jare weer in die Paarlse stadsaal aangebied. Vir navrae, kontak D Jacobs by 083 787 0525 of AC Adams by 071 178 0578.
More
News
|