Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stof af julle kiskarre!

Stof af julle kiskarre!
 
2005-10-27


DIS Oktobermaand, die mooiste mooiste maand en weer tyd vir alle laerskoolleerders om motorhuis toe te gaan en die kiskar wat aan die dak hang, af te haal en skoon te maak.

Saterdag is weer tyd vir Famsa se jaarlikse kiskarwedren wat as deel van Wellington se Stokkiesdraaifees aangebied word.

Die wedren skop soos gebruiklik om 08:00 in Generaal Hertzoglaan af en inskrywings kan die oggend voor die tyd gedoen word.

Behalwe dat leerders hul eie karre kan inskryf, het Famsa ook nog tien karre slaggereed wat deur besighede geborg kan word en ses leerders per span van verskillende skole kans gee om ook deel te neem.

Die byeenkoms sluit snelritte, s-baanritte en ’n uithourit in, asook ’n wedren net vir ma en pa.

Alle leerders moet voorsien wees van ’n valhelm.

Heerlike pryse en wisseltrofeë kan gewen word. Daar word ook gesoek na die mooiste kar en die leerder wat die beste sportmangees aan die dag gelê het.

Verversings sal deur die leerders self voorsien en verkoop word.

Kontak Bernus van der Westhuizen by 982-445-0551 of 872-2700 vir navrae.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za