Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerders kan wen by talentkompetisie

Leerders kan wen by talentkompetisie
 
2011-07-14


IS jy dalk die nuwe James Bhemgee, Whitney Houston of Michael Jackson?

Hoër- en laerskoolleerders kry ’n kans op roem in die talentkompetisie Schools got Talent waarvan die plaaslike uitdunronde eersdaags in die Paarl gehou word.

Die prysgeld van die kompetisie beloop R60 000.

Volgens Mario Small, organiseerder, word ’n algehele wenner by elke skool aangewys. Dan kompeteer die laerskole teen mekaar en die hoërskole kompeteer teen mekaar om die dorp se laer- en hoërskoolwenners te kry. As die dorpe se wenners aangewys word, kompeteer die dorpe in ’n plaaslike munisipaliteit teen mekaar om daardie plaaslike munisipaliteit se wenners te kry.

Hierna kompeteer die plaaslike munisipaliteite teen mekaar om die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se wenners te kry. Dié finaal word gehou op 3 Desember.

Schools got Talent is reeds suksesvol aangebied by 43 skole in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit.

Die volgende rondes is waar die dorpe se wenners gekies word.

Op 22 Julie is dit die Paarl se beurt. Hier gaan die laerskole in die Paarl teen mekaar meeding om Paarl se laerskoolverteenwoordigers te kry. Skole wat deelneem, is Orleansvale Primêr, Windmeul Primêr, Simondium Primêr en Ebenezer Primêr.

Op 30 Julie neem Noorder-Paarl Hoërskool, New Orleans Sekondêr en Klein Nederburg Sekondêr deel.

Albei geleenthede word by Klein Nederburg Sekondêr gehou en begin om 19:00. Kaartjies is R20 (R10 vir leerders) en is beskikbaar by die deelnemende skole asook by die deur.

Vir enige navrae, skakel 072 184 1115 of 071 893 5922.

* Schools got Talent het geen verbintenis met Boland’s got Talent nie.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za