Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tygerberg Kinderskoor op Franschhoek

Tygerberg Kinderskoor op Franschhoek
 
2005-10-27


DIE węreldberoemde Tygerberg Kinderkoor tree Saterdagaand om 19:30 op in die NG Kerk Franschhoek.

Die koor is reeds in 1972 gestig en bestaan uit 70 koorlede van laerskoolkinders.

Die vollengte konsert sluit gewyde en sekulęre koorwerke in, onder meer Middelpunt van ons Verlange (Herrnhut), Jubilate Deo (Kocsár), Where’er you walk (GF Handel), Plea from Africa (John Bokwe), Early one morning (Tom Scott), Cipósütés (Béla Bartók), Die Nacht (Franz Schubert), Sky (Hans Roosenschoon), Hine e Hine (Maori Lullaby); Se Ngatele Mosadi (Tradisionele Setswana Lied), Droomswendelaar (Koos du Plessis) en Weeping (from Ipi Tombi).
CD’s van die koor sal te koop wees. Verversings word tydens pouse verkoop.

Kaartjies kos R50 (R25 vir kinders). Besprekings kan gedoen word by Karen, 876-2431 (soggens) of 083-976-5353 (alle ure). Kaartjies kan ’n halfuur voor die aanvang van die konsert by die deur afgehaal en betaal word.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za