DIE Wynvlieg, Boland-kelder in Noorder-Paarl se nuwe kelderteater wat omskep is uit ’n ou wynstoor, gaan nou gereeld produksies aanbied.
’n Verskeidenheid van musikale en dramaproduksies sal by hierdie intieme teater aangebied word. Spesiale geleenthede soos buitelug somerkonserte en kinderproduksies is ook in die pyplyn.
Die seisoen skop op 22 Julie af met ’n optrede deur bekende kitaarspeler Tony Cox. Dit word op 4 Augustus gevolg deur die opvoering “Bye Ma Jaypee” waarin die bekende akteur Chris van Niekerk te sien is.
Dan volg kabaretsangeres Helena Hettema op 12 Augustus en bekende akteur Altus Theart is op 20 Augustus aan die beurt.
Besoek www.bolandwines.co.za vir meer inligting. Kaartjies is beskikbaar by www.ticketbreak.co.za.
Elke konsert gaan hand aan hand met ’n wynproe sowel as heerlike etes uit die kelder se kombuis.
Teaterliefhebbers sal wyn proe op die dek en aandete geniet in die onderste kelder, waarna Suid-Afrika se top talent die verhoog sal betree en sorg vir kwaliteit vermaak.
Vir meer inligting, kontak vir Luna Paige op 082 859 2420.