Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekendes te sien in Ryk Weduwee

Bekendes te sien in Ryk Weduwee
 
2011-07-14


DIE gewilde komedie ‘Die Ryk Weduwee’ is op Saterdag 23 Julie om 19:30 by die Ou Meul-teater te sien met bekendes in die rolverdeling.

Met Uys Krige se komedie kry jy ’n oorveeg van nostalgie wanneer vergete woorde uit die monde van die karakters borrel en hul manier van doen die vergetelheid laat leef. Dis pittig, koddig en met ryke woorde so statig soos die titelkarakter op haar stylvolle Bolandse plaas.

En dan is daar juweeltjies uit die oude doos wat jou laat skaterlag.

Dit vertel van die ryk weduwee Anna de Kock (Elsabé Daneel) wat vier huweliksaanbiedinge kry van eiesoortige mans wat elk sweef in ’n ander wentelbaan – en elkeen raak verlief in ’n oogwink; trouens die preutse Malmesburyse boer en prokureur (die r’e gruis so in sy mond van die bry) Pierre Naudé (Chris van Niekerk) raak sommer in sowat 20 minute op drie vroue verlief.

Die komiese gebeure wat hier kan opduik, is ooglopend, maar die woordjuweeltjies wat Krige blink poleer, bring komiese verrassings.

Van Niekerk, Waldemar Schultz as die verstrooide professor Etienne Roux en Johann Nel as die stotterende Frans de Waal speel teatraal hul aweregse karakters en stuur die komedie. Daneel is uiteraard statig, dog stroef by tye, as die ryk weduwee, maar ’n spontaneïteit skemer tog in haar Anna deur.

Maar dis Martelise Kolver se Bettie die huishoudster en veral Susanne Beyers se Christine Vermaak wat jou die windmeul-oorveeg gee. Beyers is diep gegrawe in haar rol as die kwaai oordrewe tannie Christine, so bekend én bekroon vir haar konfyt in die kontrei.

Die regisseur Juanita Swanepoel se produksie het ’n ritme waarin komedie kan floreer, met ’n sterk fokus op die karakterisering, veral omdat die gebeure hier in ’n enkele vertrek afspeel.

Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za