Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rower geskiet

Rower geskiet
 
2011-07-14


GEWAPENDE rowers het Vrydag weer toegeslaan in Wellington en met derduisende rande ontsnap.

’n Man het Vrydagaand omstreeks 18:00 by U-Save ingestap in Dr Abduragmanstraat, Weltevrede. Hy het ’n sekuriteitswag met ’n vuurwapen gedreig en nog vyf verdagtes het by hom aangesluit.

Hulle het stelselmatig die kasregisters van kontant leeggemaak en daarop aangedring dat die bestuur die winkel se kluis oopsluit.

Hierna het hulle in ’n silwerkleurige Opel-stasiewa gevlug met R50 000.

Kort hierna is die voortvlugtiges se voertuig langs die spoorweg in OR-woongebied opgespoor deur die polisie en twee vlugtende verdagtes vasgetrek.

Toe een van hulle probeer ontsnap het, is hy deur die polisie in die been geskiet.

Wellington se polisiebevelvoerder, kol Johan Barkhuizen, het gesê dat alle leidrade opgevolg word om nóg verdagtes op te spoor.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za