’n PA van twee kinders is in hegtenis geneem ná die onlangse moord op hul ma.
Janine Cleophas (27) en haar suster, Barbara Diedloff, het verlede week Dinsdagaand saam televisie gekyk in hul woonstel in Lantanahof, Paarl-Oos.
Omstreeks 22:30 het iemand aan hul deur geklop. Toe hulle vra wie dit is, het die persoon geantwoord dat dit die pa van Cleophas se kinders is.
Cleophas het die deur oopgemaak en is deur ’n man bestorm wat haar met ’n mes in die kop gesteek het.
Sy is op die toneel dood en die verdagte het gevlug.
Hierna het Paarl-Oos polisie ’n wye soektog geloods na Cleophas se gewese vriend en die pa van haar twee kinders, Malcolm de Wee (alias Springy).
De Wee en Cleophas het vir jare lank ’n verhouding gehad, maar Cleophas het onlangs vir hom die trekpas gegee.
Paarl-Oos polisiewoordvoerder, adj Diana Linee, het bevestig dat De Wee hom verlede Vrydag oorgegee het aan die polisie in Delft.
* A father of two young children has been arrested and charged with the murder of the children’s mother.