Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mooi so SASSA, daar is 'n groot verbetering!

Mooi so SASSA, daar is 'n groot verbetering!
 
2011-07-21


GEDURENDE April verlede jaar besoek ek die kantore van SASSA in die Paarl om aansoek te doen vir pensioen. Vroegoggend is ek daar en stap kort voor die middag daar uit met sekere vorms wat ingevul moes word, kry alles agtermekaar en gaan sit weer die volgende Vrydag.

Om 09:30 verdwyn al wat ’n personeellid is en ek verneem dit is ‘tee-tyd’! Etenstyd gebeur dieselfde en ek kon dit net nie verder hanteer nie. Ek het daar uitgestap en heelpad huis toe gehuil.

Daar sit daardie ou mensies (sommige al vir die hoeveelste keer), met groot moeite daar gekom en daar word geen empatie of respek getoon nie. Hoekom werk die mense nie skofte nie?

Omstandighede noop my nou om weer deur die ontberings te gaan en op Vrydag 15 Julie, meld ek om 06:30 aan.

Wat ’n verrassing! Behalwe vir die opgradering van die lokaal, is die personeel vriendelik en flink en 08:00 stap ek daar uit.

Natuurlik is daar van my vorms van verlede jaar nou verouderd, met ander woorde ek moet weer teruggaan, maar ek kan dit enige dag net daar gaan afgee. Wat ’n wonderlike verbetering!

Die dame wat my gehelp het, was vriendelik, tegemoetkomend en hulpvaardig. Vir SASSA wil ek sê: doet so voort!

’n Dankbare afhanklike!




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za