Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Park van die dood

Park van die dood
 
2011-07-21


DIE moord op ons buurvrou, mev Verster in Hospitaalstraat verlede week, is na my mening direk gekoppel aan die park tussen ons buurt en die Bergrivier.

Die park aan die onderpunt van Hospitaalstraat is al ’n probleem sedert ek 20 jaar gelede hier ingetrek het. Daar is al oor die jare verskeie briewe aan die Munisipaliteit gerig om iets omtrent die stuk grond tussen ons buurt en die rivier te doen.

Dit is ’n teelaarde vir misdadigers en leeglêers al vir jare en ons wat hier bly, is uitgelewer aan die mense wat alle tye van die dag en nag Hospitaalstraat en Mernoleonstraat as ’n deurloop gebruik. Word daar ‘n misdaad gepleeg in die dorp, dan hardloop hierdie menere reguit vir die park en oor die rivier om die polisie te ontsnap.

So nie kom hulle oor die rivier en deur die park die buurt in, soos wat nou gebeur het, en uiteindelik het dit ’n onskuldige mens se lewe geëis.

Destyds het ons die Munisipaliteit versoek om die park toe te kamp of die ingange na die strate af te sper. ‘n Patetiese draadheining is opgesit wat intussen weggeroes het.

Omdat ek besef wat ’n gevaar hierdie opening vir ons inhou, het ek uit eie sak die draad onlangs verhoog en herstel, nadat die Munisipaliteit gesê het hulle het nie die geld daarvoor nie (wonder waarvoor ons sulke hoë belastings hier moet betaal?)

Elke naweek is daar ’n geskeeu en een of ander dronknes teen die rivier. Karre word daar geparkeer en luide musiek word gespeel en drank vloei.

Deesdae word dit nou ook gebruik as ’n stortingsplek vir vullis. Patrolleer die park en verbied asseblief leeglêery. Die bal is nou in die nuwe DA Munisipaliteit se hande om op te tree.

M le Roux




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za