Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoe skoon is ons dorp?

Hoe skoon is ons dorp?
 
2011-07-21


AAN die bopunt van Kerkstraat, knus voor die standbeeld van Andrew Murray, hang ’n banier van Drakenstein Munisipaliteit: “Let us all be proud of our clean town”. Hierdie banier hang al geruime tyd daar en nou begin inwoners vrae vra - is ons dorp werklik skoon?

Daar is wel werklike trotse mense wat voor hulle deure ’n lushof van plante en netjiese grasperke het. Maar, o wee, dit kan nie van almal gesê word nie. In die CPUT-kampusarea en omliggende strate lê ou papiere en die voortjies langs die sypaadjies is vuil en vol papiere.

In die kort straatjie vanaf die OK Minimark na die CPUT koshuise lê daar byna altyd papiere; die straat langs Absa Bank uit Kerkstraat na Malherbestraat in die rigting van die kampus is besonder onnet en vuil en so ook Pentzstraat vanaf die swembad in die rigting van CPUT. Is studente die skuldiges?

’n Mens het simpatie met die werkloses en huisloses en ook die entrepreneurs. Maar is dit nodig om so te mors veral om en langs die wintervuurtjie wat saans so lustig in die parkeerarea agter Shoprite brand?

En van Shoprite gepraat - kan die eienaars of werkers by die winkel dan nie self die straat voor hul ingang skoonhou nie?

Die terrein om die spoorwegstasie is ’n skande vir Wellington, dit is vuil en vol afval.

Daar onder die stasiebrug is ook verskeie plakkers. Het hulle voldoende was- en toiletgeriewe en is daar vullisdromme?

Op die dae wanneer daar staatsuitbetalings by die stadsaal plaasvind is daar baie smouse en die rommel word deur almal net daar neergegooi waar die eetgoed geëet word.

Skuldeisers se voertuie staan die parkeerplekke vol en daar word op ’n kampstoeltjie langs die motor net daar op die sypaadjie sake gedoen. Is dit dorpstrotse mense wat so sake doen?

Kom, Wellingtonners, kom ons vat almal hande en sorg dat die areas om ons en waar ons sake doen netjies en skoon bly. Slegs dan kan ons met opreg trots wees op ons mooi dorp.

Christine Siebrits




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za