CORRIN WATTS het onder leiding van Fergus Ayford haar eerste Gospel CD uitgereik. Die bekendstellingsaand is 23 Julie om 18:00 in die Allandale-ontspanningsaal.
Corrin, ’n student in maatskaplike werk, sing reeds van kleins af en tree graag by funksies op. Verskeie ander kunstenaars sal ook by die geleentheid optree.
Verversings sal te koop wees.
Kaartjies is R100 wat ’n CD insluit en R20 sonder die CD. Vir navrae, skakel Corrin by 076 1259 749.