GIF, ’n eenvrou-toneelstuk met Celeste Slabber-Loriston, is op Vrydag 22 Julie te sien in die Ou Meul-teater.
Mathilda Bouwer het ’n probleem. Haar swak hart vir romanse en liefde. Die liefde van Romeo vir sy Juliet. Mathilda hou daarvan en sy val daarvoor - vir haar sterk Romeo se mooi boude, sy verleidelike swart lokke.
Sy val vir die liefde wat alles oorwin - “tot die dood ons skei”.
Sy verloor haar hart, haar drome. Word vrou en moeder.
Die oggend toe Mathilda háár Romeo se hemp, met die vreemde goue hare, in haar hand vashou... daardie oggend het Juliet by haar kombuisdeur uitgestap.
Daardie oggend het Mathilda Bouwer aan gif begin dink.
Kaartjies is R60 per persoon en kan by Vicky Stemmet bespreek word by 083 564 0056.