Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Straatverkopers ongelukkig

Straatverkopers ongelukkig
 
2011-07-21

Johan Nel

DIE Drakenstein Munisipaliteit se besluit om die groep straatverkopers wat stalletjies teen die heining van Victoriapark langs Kerkstraat in Wellington bedryf na ’n nuwe verkoopplek by die taxi-staanplekke agter Markplein te verskuif, het wye reaksie onder Wellingtonners ontlok.

Hierdie verskuiwing is die eerste fase van ’n grootskaalse verskuiwing van smouse op Wellington.

Die eerste groep straatverkopers, wat verlede week verskuif is, het voorheen hulle ware teen die spoggerige tralie-heining, weerskante van Victoriapark se historiese ou Kroningsboog, in Kerkstraat verkoop.

Twee van die verkopers, Aaron Shaibu en Jeoffry Wilson wat beide die afgelope sewe jaar stalletjies voor die park bedryf het, sê die verskuiwing was ’n harde slag vir hulle.

Hulle sê dat hulle en die ander stalletjies wat verskuif is, hoofsaaklik klere en drasakke teen lae pryse verkoop en ook klein hoeveelhede sigarette en ander snuisterye.

Oor die afgelope sewe jaar kon hulle hul gesinne in Mbekweni redelik goed onderhou, maar die afgelope week was daar by die nuwe terrein feitlik geen verkope nie.

Volgens die Munisipaliteit is daar besluit om die straatverkopers voor Victoriapark heel eerste te verskuif omdat dit teen die wet is om straatverkope by so ’n historiese terrein te bedryf.

Victoriapark is reeds in 1847 aangewys as ’n plek waar reisigers kon uitspan en oorstaan.

Binne twee uur nadat straatverkopers langs Kerkstraat in Wellington deur die munisipaliteit aangesê is om hul stalletjies na ‘n nuwe perseel agter Markplein te verskuif, het meer as 100 klante van Bennie Izaacs, Wellington se bekende Appelman, ’n versoekskrif kom onderteken waarin gevra word dat dié bekende vrugteverkoper toestemming moet kry om aan te bly op die perseel waar hy tans sy stalletjie bedryf.

Volgens die versoekskrif lewer Izaacs reeds meer as ’n dekade lank ’n belangrike en onontbeerlike diens aan die inwoners van die dorp deur veral uitsoek-appels teen billike pryse aan verbygangers te verkoop.

Izaacs sê dat hy die afgelope ses jaar sy vrugte voor die biblioteek verkoop op ’n perseel wat deur die Munisipaliteit aan hom toegesê is. Voor dit het hy ’n paar jaar lank sy stalletjie op ‘n straathoek oorkant die pad bedryf. Toe ’n nuwe gebou op die terrein opgerig is, het die Munisipaliteit hom gevra om na die parkie voor die biblioteek te verskuif.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za