Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2011-07-21


KRIEKET
* Ter voorbereiding van die nuwe 2011/2012 seisoen wag die McCarthy Toyota Wellington/CPUT-krieketklub tans aansoeke in van toporde-kolwers en ’n afrigter wat by die klub wil aansluit. Vir meer besonderhede, kontak Marius Groenewald by 082 976 1379.

* Paarl-krieketklub se bekeruitdeling vind plaas op Saterdag 16 Julie by Boland-park (Stumps). Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede teen R50 per kop.

* Die SR Radiators Young Peoples-krieketklub beplan ’n voorseisoense toer na Port Elizabeth vanaf 16 tot 19 September.

*Paarl-Oos-krieketklub se oefeninge is Maandae en Woensdae om 17:30 en hulle binnenshuise oefing by Bolandpark is op 13 Augustus tussen 09:00 en 10:00. Skakel vir kapt Andrew Apollis by 021 862 5594 of 083 689 0017.

) RUGBY

* Paarl Rangers speel eerskomende Saterdag weg teen die span van Raithby Universals. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Fair Foods in Groenheuwel en 11:30 vanaf Drakenstein-biblioteek.

* Young Peoples speel Saterdag teen Kuilsrivier op Faurestraat- stadion. Die o.20-span begin om 12:15 en die hoofwedstryd is om 16:00. Kroeg en kafee sal beskikbaar wees met streng sekuriteit.

* Eerskomende naweek pak Violets die span van Vineyards op Daljosafat met wedstryde wat om 13:30 begin. Hulle bied ook op 29 Julie ’n hoenderbraai aan by Kenneth Dennis se woning teen R40. Dié klub versoek ook al sy ondersteuners om hulle te registreer deur Violets Paarl te sms na 32715.

* ’n Rugbykode-klubvergadering (27 Julie om 19:00) word by die AC Rottweiler-raadsaal gehou en die algemene maandvergadering van die Paarl-rugbystreek word op 3 Augustus om 19:00 by dieselfde saal gehou. Vir verdere navrae, kontak die sekretaris by 082 731 4879.

* Die Riverstones Old Boys, wat dien as ’n welsynsorganisasie en uitreik na minderbevoorregtes, nooi alle oudspelers om by hulle aan te sluit. Kontak enige van die bestuurslede vir meer besonderhede. Vir navrae, skakel Coenie Lesch by 072 6595 415.

*Albions bied op 31 Julie ’n ete aan vir alle lede en oudlede in die Bethel-saal. Kontak Quinton Williams by 078 274 8148 vir meer inligting.

* Lower Paarl (Blues) hou op 22 Julie ’n dans by die gemeenskapsaal. Kallie se dansorkes maak die musiek en die koste beloop R70 per persoon.

* Albions speel hierdie Saterdag teen Laer Paarl (Blues) op die Daljosafat-stadion en hulle Teeparty word op 31 Julie van 14:00 tot 18:00 in die Bethel-saal aangebied teen R60 per persoon.

* Riverstones Old Boys bied op 13 Augustus ’n bustoer na die Boesmanland-plaaskombuis in Langebaan aan. Die koste beloop R240 per persoon en sluit middagete in. Kontak vir Neville by 073 053 0280 vir meer besonderhede




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za