Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot spanning in derby-stryd

Groot spanning in derby-stryd
 
2011-07-21


DIE afgelope naweek het tradisionele derby-spanne, Violets en Riverstones, weer gesorg vir groot spanning op die rugbyveld toe hulle mekaar in ’n liga-wedstryd gepak het. Die wedstryd wat voor ’n rekordgetal toeskouers plaasgevind het, het op die einde aan die verwagtinge voldoen en die eindtelling was 17-elk.

Riverstones het vroeg reeds punte aangeteken met ’n verdoelde drie ná goeie aanvallende spel deur hul groot pak voorspelers om met 7-0 voor te loop. Violets antwoord egter hierna met twee strafskoppe deur Bradwill Swartz om die halftydtelling 7-6 in Riverstones se guns te maak.

Violets begin egter die tweede helfte met ’n geweldige pas wat die wind uit die seile van hul teenstanders neem met ’n pragdrie deur William Hendricks na volgehoue druk in Riverstones se gebied. Violets maak die telling toe 11-7 nadat Swartz nie met die doelskop kon slaag nie.

Hierna teken Riverstones ’n drie aan deur hul regtervleuel wat die spel baie goed gelees het. Riverstones loop toe voor met 14-11. Ná ’n paar taktiese skuiwe deur die afrigter van Violets, verskaf die vars bene daai vonk waarvoor Violets hierdie jaar bekendheid verwerf het. Violets loods toe aanval na aanval met Egan Minnaar en Eldino Brown aan die spits wat Riverstones dwing om baie strafskoppe af te staan.

Daarna kry Riverstones ’n strafskop om die telling 17-11 te maak. Dit was net van korte duur en die manne in pers se eie Denovan “Derick” Hoogaard teken twee uitstekende strafskoppe onder geweldige druk aan om die wedstryd vir sy span gelykop te laat eindig.

Vir Violets is Egan Minnaar welverdiend as speler van die wedstryd aangewys. Violets se tweedes wen 20-3 en Violets se derdes wen 12-10.

Eerskomende naweek pak Violets die span van Vineyards op Daljosafat, wedstryde begin om 13:30. Die klub bied ook op 29 Julie 2011 ‘n hoenderbraai aan by Kenneth Dennis se woming teen R40 per bord.

Die klub versoek ook al sy ondersteuners om hulle te registreer deur Violets Paarl te sms na 32715.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za