ONS verwys na die skrywe in die Paarl Post van 21 Julie in verband met “Hoe skoon is ons dorp?”
Ons as Lions Wellington het dieselfde gevoel oor ons dorp, maar toe besluit ons om iets daaraan te doen.
Die Munisipaliteit en Korrektiewe Dienste is betrek, sowel as heelwat van die inwoners en word daar nou elke tweede Saterdag deur die mense wat gemeenskapsdiens moet verrig, sekere dele van ons dorp skoongemaak.
Daar word sowat 100 sakke vullis op ’n Saterdag opgetel.
Graag nooi ons dié wat kla oor ons dorp – kom help ons om hierdie euwel aan te pak.
Indien daar enige mense is wat bereid is om hulp aan te bied – of dit nou fisies, kos en koeldrank borg vir die werkers, of enige ander insette is, kontak vir Chris Booysen, die projek-leier, by 083 455 5433 of by booysenfam@mweb.co.za om insette/voorstelle te lewer. Saam kan ons Wellington ’n skoner dorp maak
Retha Stigant
(President, Wellington Lions)