Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hier maak hulle nie seer nie

Hier maak hulle nie seer nie
 
2011-07-28


DIT is verskriklik om te lees van die ou dame wat so wreedaardig aangerand is. Dis so hartseer om sulke goed te lees as jy so ver weg van jou land is

Ek is nou nege maande hier in Tanzanië en hier is ook voorvalle, maar die mense hier maak niemand seer nie. Hulle sal jou voorkeer en alles vat wat hulle kan en hardloop, maar niemand word seergemaak nie.

Ons het ’n voorval gehad waar my meisiekind aangeval was. ’n Motor het langs haar ingetrek terwyl sy gestap het en haar handsak is gegryp.

Sy het op haar handsak geval en is saam met die kar gesleep. Hulle het die handsak laat los en gery.

Sy het seer gekry ja.

Ons werk hiér vir ’n hospitaal en die inwoners het so skaam gekry hieroor, dat hulle ons op die hande gedra het, want hulle weet nie van mense wat aangerand word nie.

Ongeveer drie weke daarna is ons ingelig dat een van die mans deur die polisie geskiet is. Die polisie hier en die mense hier aanvaar net eenvoudig nie sulke dinge nie.

Sterkte aan die dame se familie, ons dink aan julle.

Gwen van Tonder (Dar es Salaam




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za