Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2011-07-28


* Borskanker. Die Reik na Herstel-borskankerondersteuningsgroep vergader op 4 Augustus om 10:00 by Under Oaks wynplaas. Alle borskankerpasiënte of vroue wat al met borskanker gediagnoseer was, is welkom by die kwartaallikse byeenkoms. Vir verdere navrae of om vervoerreëlings te tref, skakel Annaleen Genade voor of op 1 Augustus by 072 523 0650 of 021 862 6733.
* Uitreiking. Op 31 Julie hou nege Paarliete van Lig & Lewe kerk ’n uitreiking na ’n gemeente in Sutherland waar hulle die sopkombuisvoorraad wil aanvul vir diegene in nood. Almal wat wil help met ’n bydrae om die uitreiking ’n sukses te maak, kan skakel na 084 917 4347 of ’n epos na n.nothnagel@gmail.com.
* Dans. Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou ’n fondsinsamelingsdans Vrydagaand 29 Julie met verskeie orkeste naamlik Rita Bester, Chrisjan Knoetze, Arthur van Zyl en die orkes van Peter van Niekerk. Die dans word aangebied by Laerskool Noord-Eind.

Toegang is R30 (R40 nie-lede). Skakel Ciceel by 083 346 7083.
* Bonsai. By die Boland Bonsai Kai se vergadering op Saterdag 30 Julie om 09:00 in die Stellenbosch Botaniese Tuin gaan Lara Zietsman praat oor vermikompos en bokashi. Rudi Adam gaan praat oor die kultivering en ontwerp van olien. Vir navrae, skakel Willem Pretorius 083 260 5696.
* Women’s Day. Kuier Magazine will be hosting their premier Women’s Day Event on 6 August at the Grand West Market Hall from 09:00 to 15:00, titled ‘Pienk Plesier’ with guests of honour mayor Patricia de Lille and hostess Shaleen Surtie-Richards.

Tickets are R70 at Computicket. Entertainment will be provided by idol Karin Kortjé, Natalie da Rocha and Mady.

A cooking demonstration will take place with the Kuier food editor, Karen Hart, as well as a live Fashion Show with the sassy fashion and beauty editor at Kuier, Vania Cloete-Collison.
* Vrouedag. Young Gardens bied op 9 Augustus ’n vrouedagontbyt by Amstelhof Primêr aan.

Elke vrou sal ook ’n geskenkpak ontvang en vermaak word met lekker musiek. Die koste beloop R75 per persoon. Skakel vir Mario (082 360 2680) of Ivor (082 432 2966) vir meer inligting.
KN. A Big Brag will be held for all former Klein Nederburg Secondary students on 12 August at 19:00 at the Huguenot Community Hall. Tickets at R50 at JA Heugh on 071 868 6598.
* Wynvlieg. Die sangeres Luna Paige is aangestel as teaterbestuurder van die Wynvliegteater in die Paarl wat sedert sy opening in Oktober spog met ’n indrukwekkende optredelys van top Suid-Afrikaanse kunstenaars. Op 4 Augustus is die gewilde “Bye ma, Jaypee” met Chris van Niekerk aan die beurt, gevolg deur sangeres Helena Hettema op 12 Augustus. Alle vertonings begin om 19:30, maar ’n heerlike vurkmaal (R60) en wyn kan vooraf geniet word. Besoek www.bolandcellar.co.za of skakel 021 862 6190.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za