DIE Paarl Blommeklub vergader op Dinsdag 2 Augustus om 19:00 in die NG Kerksaal te Denneburg, Paarl.
Die tema sal elke persoon se sak pas, dis hoog modieus en stylvol. Die demonstrasie en bespreking word gedoen oor “Min maar Mooi”, ’n moderne ontwerp deur Pieter Coetzee, Bessie van Zyl en Marika Smit.
Ledekompetisie is om ’n handsak van plantmateriaal te maak en saam te bring. Besoekers en nuwe lede is baie welkom.
Vir meer inligting, skakel Farieda Essop by 021 862 2237 of Pieter Coetzee by 021 872 5171.