Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konferensiedienste gehou

Konferensiedienste gehou
 
2011-07-28


DIE Lighuis Familiekerk in die Paarl bied sy jaarlikse konferensie met die tema ‘Holy Spirit Fire’ aan vanaf Woensdag 3 Augustus tot Dinsdag 9 Augustus.

Die dienste word gehou by Charleston Hill Sekondêr in Magnoliastraat, Paarl, en begin om 19:30.

Op Sondag 7 Augustus begin die diens om 18:00.

Die sprekers is pastore Vinodha Ramasawmy en Leena Bhagarathee van Mauritius.

Pastoor Ramasawmy is die senior pastoor en stigter van Light of Christ Ministries op die eiland, wat sewe gemeentes het.

Sy bedien die evangelie in verskillende lande.

Sy is ook visepresident van die Pentecostal and Charismatic Churches of Mauritius.

Alle gemeentes is welkom en die siekes word genooi met die oog op voorbidding.

Dié geleentheid word op Vrouedag (9 Augustus) afgesluit met ’n spesiale Vrouekonferensie, wat bestaan uit drie-dag-sessies om die vroue toe te rus.

Dit vind plaas vanaf 10:00 tot 17:00.

Verversings sal ook aangebied word.

Vir verdere navrae, skakel die kerkkantoor by 021 872 0002 of pastoor Vernon Jacobs by 073 656 5995.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za