DIE Calvynse Protestantse Kerk in Newton, vier vanjaar sy 60ste bestaansjaar. Hierdie gemeente van ongeveer 220 lidmate is op 5 Augustus 1951 gestig.
Die gemeente, gelei deur ds James Fredericks, bied 地 reeks feesvieringe vanaf Augustus tot Desember.
Die feestelikhede skop op 7 Augustus om 10:00 af met 地 danksegging- en verjaarsdagdiens. Die boodskap sal deur Lionel Fredericks, 地 oud-leraar en huidige moderator van die Calvynse Protestantse Kerk, gelewer word. Op 27 Augustus is daar 地 pretloop wat om 08:00 sal begin. Enigeen is welkom om deel te neem.
Dieselfde aand sal daar 地 talentaand om 19:30 gehou word, waar verskeie lede van die gemeente tot groot vermaak sal optree.
Op 17 September is daar 地 dinee by Hephzibah-konferensiesentrum om 18:00 en op 10 Desember word daar 地 Kersspel gehou. Kontak ds Fredericks by 082 044 8669 vir navrae.