Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkragter nie weer vry

Verkragter nie weer vry
 
2005-10-27


EEN van die Paarl se berugste verkragters sal vir die res van sy lewe agter tralies wees, is verlede week in die Hooggeregshof beslis.

Christopher (Green Eyes) Papier is lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van ’n skoolmeisie wat hy teen die Paarlberg uitgesleep het.

Papier (30) het sedert 1988 gereeld met die gereg gebots. Hy is meer as 20 keer in hegtenis geneem, soms op borg vrygelaat, en soms tot tronkstraf gevonnis.

Elke keer wanneer hy op vrye voet was, het hy weer eiendom beskadig, ingebreek, gesteel, verkrag en gemoor.

Hy was die eerste keer in die nuus met die verkragting en moord van sy broer se vyfjarige dogtertjie.

Klein Candice Abrahams is uit ’n speelpark in Groenheuwel ontvoer en in bosse naby die Daljosafat verkeersentrum verwurg.

Papier is later tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord, maar vrygespreek op die verkragtingklag aangesien die DNA-uitslag die hof nie van sy skuld oortuig het nie.

Terwyl hy egter op die vlug was ná Candice se moord, is ’n 18-jarige meisie in April 2000 aan die keel gegryp terwyl sy op pad skool toe was in Noorder-Paarl.

Die meisie is met ’n mes gedreig om saam met hom teen die berg op te stap.

Toe hulle by sy slaapplek aan die berghang kom, het hy haar teen die grond gegooi en verkrag. Die meisie is daarna gedwing om die komberse hoër op teen die berg te dra, en weer verkrag.

Sy het daarin geslaag om te ontsnap en huilend en onder stof by die destydse Noorder-Paarl Handelshuis aangekom vanwaar die polisie ontbied is.

Gewapen met ’n beskrywing van die man met die groen oë en die blou hemp, het hondegeleier insp Godfrey Jacquire en sy hond Pawl die spoor gevat. Papier is langs die Bergrivier in hegtenis geneem.

Terwyl hy op dié saak verhoorafwagtend was, het die hof beslis dat hy op borg vrygelaat moes word omdat die uitslae van die DNA-
toetsing en ondersoek te lank gedraal het.

Enkele dae later, in Oktober 2001, was ’n jong vrou van ’n Noorder-Paarl plaas op pad kerk toe, toe sy in ’n wingerd van agter vasgegryp is.

Sy is onsedelike aangerand voordat sy die verkragter kon ontduik.
Haar handsak, sandale, onderbroekie en valstande het in die wingerd bly lê toe sy halfnaak na haar woning gevlug het.

Die beskrywing van die groen oë het die polisie dadelik weer op Papier se spoor gebring.

Benewens die lewenslange vonnis, is Papier verlede week ook tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir die onsedelike aanranding en poging tot verkragting.

“Ek is bitter dankbaar dat hy uiteindelik vir ewig in hegtenis sal bly,” het ondersoekbeampte Ghita Kilian hierdie week gesê.

“Christopher Papier is beslis ’n gevaar vir die samelewing.”

* A Paarl rapist will never leave prison again.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za