Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Interskole-seisoen skop af

Interskole-seisoen skop af
 
2011-07-28


DIE interskole-seisoen skop dié week met mening af.

Die eerste van die derby-stryde vind hierdie naweek plaas wanneer Weltevrede Sekondêr en Bergrivier mekaar die stryd aan- sê. Volgende naweek pak Charleston Hill en Wellington Hoërskool mekaar.

Volgende week is dit interskole tussen Gimnasium Hoërskool en Hoër Jongen- skool en vanjaar is vir die eerste keer reëls neergelê oor straatbaniere- en linte.

Spesifieke kante van die hoofstrate van die Paarl is aan elk van die twee skole toegeken.

In Suider-Paarl tot by die stadsaal (in Hoofstraat en Bergrivier Boulevard) sal HJS aan die westekant (Paarlberg-kant) van die straat versierings aanbring en Gim sal die oostekant versier (Bergrivier-kant).

In Noorder-Paarl geld die omgekeerde: Gim sal tot by die stadsaal die westekant versier, en HJS die oostekant.

Op die middelmannetjies versier elke skool elke tweede paal of boom onderskeidelik. Geen lint word aan verkeerstekens opgesit nie.

Elke skool kry die hele Hoofstraat-gedeelte voor die betrokke skool.

Die oudstudentewedstryde het reeds vandeesweek afgeskop. Woensdagaand om 19:00 speel die Golden Oldies en om 20:00 speel die Old Boys hul rugbywedstryde teen mekaar by die Brugstraat-sportvelde. Daar sal ook ’n biertuin en musiek wees.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za