Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerderbestuurder ry deur huis

Leerderbestuurder ry deur huis
 
2011-07-28

Lise Byers

’n EGPAAR van Groenheuwel het verlede Donderdagaand angstige oomblikke beleef toe ’n motor in hul huis ingebars het.

Tommy en Magrieta Philander van Mac-Lachlen Close 33, Groenheuwel, het verlede Woensdagaand rustig om hul kombuistafel gesit, toe hulle ’n geweldige slag gehoor het.

Voordat hulle besef wat gebeur het, is hulle op die grond geslinger en die vertrek is verswelg deur ’n stofwolk.

Toe die stof uiteindelik gaan lê het, kon hulle eers sin maak oor wat die oorsaak van die geweldige slag was: ’n motor het agteruit gery, dwarsdeur hul voormuur.

“Ek kon dit nie glo nie,” sê Magrieta. “Die motor het hier in my voorkamer gestaan.”

Dit is vasgestel dat die Philanders se buurman se 18-jarige dogter besig was met ’n bestuursles. Iewers het iets lelik verkeerd gegaan en toe sy waarskynlik vorentoe moes beweeg, is daar eerder agteruit beweeg.

Albei Tommy en Magrieta is vir ligte beserings by Paarl Hospitaal behandel.

Tommy het agterna gesê dat hy geen wrok teenoor sy buurman koester nie. Hy het immers ingestem om die Philanders se huis ten volle te herstel.

Adj Diana Linee het gesê dat ’n saak van roekelose bestuur wel ondersoek word teen die ongelisensieerde bestuurder van die motor.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za