Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man spring dood vry

Man spring dood vry
 
2005-10-27

Lise Beyers

“MY lewe het voor my oë verby gevlieg,” sê Wilfrid Malati, nadat `n koeël wonderbaarlik sy borskas skrams getref het.

Malati was laas Donderdag besig by sy werksplek in EK Greenstraat, Huguenot, toe hy deur ‘n man genader is wat water wou drink.

Die man het daarna gevra om die toilet te gebruik, waarna Malati gesê het dat dit stukkend is.

“`n Rukkie later is die man weer terug, en toe ek na hom draai, sien ek sy wapen,” het Malati gesê. “Ek het uit skok uit skuins gedraai net toe hy die sneller trek.

“As dit nie daarvoor was nie, was ek morsdood. Die koeël sou my in die hart getref het,” sê ‘n verligte Malati.

Al besering wat hy opgedoen het, is‘n effense vleeswond op sy borskas.

Hierna het die onbekende man sy wapen op ‘n ander werknemer, Willy Genken, gerig en die sneller getrek. Wonderbaarlik het `n skoot nie afgegaan nie, en die man het te voet gevlug. Daar word steeds na hom gesoek.

Malati het gesê dat hulle nie weet wat die motief vir die aanval was nie, maar dat dit vermoedelik ‘n rooftog was.

Die man was geklee in jeans en ‘n geruite hemp. Hy het ‘n swart kep gedra met ‘n serp om sy nek. Insp JT Pietersen (807-4000) ondersoek die saak verder.

* A Paarl man was lucky to escape alive when a shot was fired at him.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za