OP Vrydag 29 Julie om 20:00 is Anton Goosen by die Ou Meul-teater in die Paarl op die planke.
Anton, gewapen met sy kitaar en mooi stem, gaan die gehoor bekoor met ’n verskeidenheid van liedjies.
Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 00 56 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail. com.